Iewers lees ek ń aanhaling wat my diep laat nadink.

Dit is besonder relevant omdat ek ń leeftyd saam met die kerk kom en dus oor ook my eie dienswerk moet wonder.

Dis die getuienis van ń persoon wat seergekry het in sy ervaring met die kerk. Ons praat nie van ń spesifieke denominasie nie maar kerk in die algemeen. Ek haal aan
“Vandag bestaan die kerk nie meer vir my nie. Vergeet van die kerk se politiek. Die ergste is die kerkmense wat stil langs die pad staan en kyk na die drenkelinge wat afgeval het en hulle nie help nie. Die skade wat aangerig is, is onherstelbaar.”

Dis ń pynlike opmerking. Natuurlik is dit maklik om skuld uit te deel sodat jou eie verkeerd verdoesel word.

Ek dink nie dis wat hier gebeur nie. Ongelukkig staan die kerk skuldig. Dis is nie die eerste soortgelyke opmerking wat ek al teegekom het nie.

Die vraag is uiteraard waar ń mens die beskuldiging en verwyt gaan parkeer? Waar is die kerk? Wie is die kerk.? So baie mense sal vrypostig saampraat oor die skuld van die kerk maar nie oorweeg dat dit ook hulle is wat moet rekenskap gee nie. Die kerk is nie ń gebou of struktuur nie. Die aanhaling praat van kerkmense.

Dis ek en jy.

Hoe beskikbaar en bereid is jy om die afvlerk mense op te vang en te versorg totdat hulle weer heelgeword het? Dis die storie van die barmhartige Samaritaan nie waar nie. Onhou more is jou vlerk gebreek en het jy iemand anders nodig om oor die weg te kom.

Jesus vra meer van ons. Ek herinner my aan die bekende teks in die profetiese rede. ” Vir sover julle dit aan die geringstes gedoen het het julle dit aan MY gedoen”

Dalk het jy ń storie om te vertel. Epos my sommer by info@toekomsvenster.co.za

Groete, Jannie Pelser