Huweliksweek 2017

Huweliksweek 2017

Die volgende sewe dae (1-7 Sept.) is baie spesiaal vir almal wat iewers in ʼn betekenisvolle huweliksverhouding staan. Intiem bied jaarliks ʼn SA huweliksweek aan wat deel uitmaak van ʼn internasionale inisiatief wat huwelike wil verryk en toerus.
Ek sal (as die Here ons spaar het my ma altyd gesê) elke dag, ook Saterdag en Sondag hierdie week (ons blog is mos normaalweg net vanaf Maandag tot Vrydag)  sewe belangrike aspekte van ʼn huweliksverhouding ligweg bespreek. Die bedoeling is dat dit ʼn gespreksbasis kan en mag vorm wat egpare sal help om met insig te gesels oor daardie aspek van hulle verhouding.
Die lewe is uitdagend en maak somtyds seer. Ons huweliksverhouding bied ʼn veilige ruimte om oor jou teleurstelling, hartseer en uitdagings te gesels. As dit daar ook stukkend is, is dit sleg. Dis die een plek waar ek masker afhaal en net myself kan wees sonder vrees vir verwerping of sleg sê.
Gebruik die volgende paar dae om te investeer in julle verhouding. Gelukkige huwelike is ʼn heerlike ervaring. Dit beteken nie dat daar nie ook by tye uitdagings van allerlei aard opduik nie. Die lewe gebeur en dit geld ook vir ons huweliksverhouding. Ons word geroep om te groei in insig, begrip en omgee vir mekaar. Ons sewe dae program gaan die volgende temas verken – romantiek; ruimte, spiritualiteit, rolverwagting, kommunikasie, konflik en viering. Ons sal ook aandag gee aan daaglikse gebede wat verband hou met die tema.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Gelukkige huweliksweek.
Nooi ander mense ook uit na die reis.