How dare you!!

How dare you!!

Die hartroerende pleidooi en voordrag wat Greta Thunberg, sestienjarige Sweedse omgewingsaktivis, voor die VN-klimaatberaad  gelewer het, verwys.

Die woorde “how dare you” lui skel in my ore.

“You have stolen my dreams and my childhood” – inderdaad, want watter hoop bied ons aan miljoene jongmense wêreldwyd wat wag op die vervulling van mooi beloftes en voornemens  maar wat saam met die afsluitingswoorde van nog ʼn Wêreldbyeenkoms versand.

Dit spreek boekdele oor eie belang, selfsug en oorgerustheid.

“How dare you” is die stem van die miljoene werklose jongmense in Suid Afrika, die desperate uitroep van elkeen wat honger gaan slaap, die pynlike voordrag van jongmense wat die een na die ander diensleweringsbetoging hou omdat basiese dienste nie in plek is nie terwyl  kinders in put toilette sterf.  

“How dare you” klop aan die deur van elke vroue slaner, elke verkragter en elke dwelmhandelaar om nie van mishandelde kinders te praat nie. 

Dit klop soos ʼn wanhoopstem deur elkeen wat hoegenaamd nadink oor die toekoms, maar dit is veral die stem van ons jong geslag en komende generasies, as daar gaan wees.

Hierdie voordrag behoort in elke gemeente, besigheid, politieke forum en ander tersaaklike samelewingsverband gespeel en ernstig bedink  te word.

Dit hoort voor die deur van die heersende politieke party vir die wyse waarop hierdie land stelselmatig en skaamteloos besteel is en word. Dit maak ʼn appel van die leierskap in ons land wat twee rye spore loop sonder om daadwerklik standpunt in te neem oor die enigste manier vorentoe, die pad van ongekomprimiteerde integriteit en waarheid.

Dit hoort by die sakekern waar wins ten alle koste die leidende beginsel is, waar werkers uitgebuit word terwyl astronomiese winste in die sakke van deurwinterde sakelui land. 

Dit hoort by die deur van die kerk wat stry oor rantsake terwyl ons land die afgrond ingly, baie gelowiges wat die ware betekenis van Christen wees tot ʼn skadu gereduseer het. 

Dit hoort voor ons leiers van gister en eergister wat ʼn bestel gelegitimeer het wat mense van hul menswaardigheid ontneem het en steeds wal gooi teen jammer sê en leef. 

Dit hoort by elke instansie en persoon wat deur hul optrede Suid Afrika in chaos dompel .

Dit hoort voor my deur omdat ek my nie kan verontskuldig nie.

Daar is nie ʼn adres in Suid Afrika waar hierdie woorde nie gehoor en ernstig oorweeg moet word nie.

Jongmense sal ons in die woorde van Greta nie vergewe as ons hulle in hierdie laat uur faal nie.

Toegegee, daar is merkwaardige dinge wat plaasvind waaroor ʼn mens opreg dankbaar kan wees maar dit is waarskynlik te min, dalk te laat.

Mag die stukkie geloof wat sy uitspreek  dat ons nie almal so ver veragter het dat ons eintlik boos is, ook van ons waar wees.

“We will be watching you” Greta Thunberg

ReplyReply allForward