Herondek jou vreugde en vrede!

ʼn Plaaslike hoërskool het gisteraand die  musiekblyspel “Sister Act” opgevoer en ons het dit bygewoon.
Ai, dit was ʼn heerlike ervaring. 
Wie het nog nie die rolprent “Sister Act”  gesien nie en onthou nie die merkwaardige storie nie?
Deloris Van Cartier, vertolk deur die legendariese Whoopy Goldberg, is ʼn sangeres in ʼn nagklub.  Sy  beland haarself in die moeilikheid as sy sien hoe haar kêrel, ʼn regte skobbejak, sy chauffeer gewetenloos doodskiet.  Sy meld dit by die polisie aan en omdat haar lewe nou  in gevaar is word sy as deel van ʼn getuie besprekingsprogram  in ʼn klooster  weggesteek totdat die hofsaak plaasvind. Daar keer sy die hele orde op sy kop.
Sy is onkonvensioneel in haar optrede, flambojant, vertonerig, uitgesproke en baie energiek. Boonop weet sy van die lewe in ʼn klooster absoluut niks nie en alhoewel die ander susters haar interessant vind voel die klooster moeder baie bedreig. Julle ken die storie. 
Sy verower die harte van die dames daar en begin om leiding te gee met die klooster se, op daardie stadium, bedenklike koor. Dis nie lank nie en hulle is ʼn uitvoerproduk wat vir die dames wat sing ʼn sprankelende ervaring word. Die koerante en TV berig oor hierdie gemeente wat skielik ontwaak het en mense en geld stroom na die klooster en plaaslike gemeente.
Die susters begin om vanuit hierdie nuutgevonde vreugde die gemeenskap op sy kop te eer.
Dan vind die rampokkers uit waar Deloris haarself bevind maar die susters maak korte mette van die skarminkels. Die Pous hoor van die nou welvarende en dinamiese gemeente en besluit om dit te besoek.
Met verwysing na die kerk in die wêreld het ek weereens daarvan bewus geword dat ons dikwels teenoor die ongelowige wêreld saai, verbeelding- en vreugdeloos vertoon. Terselfdertyd loer ons na die wêreld daar buite, maak seker dat niemand ons sien nie, maar verlang na die vryheid en vreugde wat hulle belewe. 
Dit het iemand van buite gekos, sonder al die bagasie van geestelike voorsê en stokkerige kerklike modelle om die susters te wys wat vreugde en vryheid is.
Deloris, nou bekend as Suster Mary Clarence om haar ware identiteit te verbloem,  mag nie “gered” wees nie om ʼn term te gebruik waarmee lesers en veral Christene bekend is nie, maar sy besit iets waarna baie Christene hunker maar te bang is om die konvensie uit te daag. 
Toegegee, Deloris se manier van lewe beland haar in vaarwaters maar sy is onskuldig en moet vlug. Sy verval egter nie in selfbejammering nie maar toets en daag die konvensies waaroor niemand gedink het nie wel deeglik uit. Dis net ʼn kwessie van tyd en die eens sukkelende gemeente word een waarvan die wêreld kennis neem. Mens wil uit jou sitplek opspring en by die vreugde op die verhoog gaan aansluit. Dis hoe kerk moet wees, sê jy vir jouself waar niemand dit hoor nie. Nou nou is jy op die rooi tapyt. 
Die beste voorbeeld van die honger dieet waarop die nonne geplaas is is die lied van Maria Robert “ The life I never had”.
Deloris het haar bewus gemaak dat daar meer is en sy hunker om ook die konvensies uit te daag en buite die grense van ander se ondeurdagte besluite te beweeg.
Sy is simbool van almal wat in die kloosterbestaan  voer en na meer verlang.
Die woorde van die lied is aangrypend. 
I’ve never talked back,
I’ve never slept late,
I’ve never sat down
when told to stand straight
I’ve never let go
and gone with the flow,
and don’t even know, really, why.
I’ve never asked questions,
or taken a dare.
I’ve never worn clothes
that might make people stare.
I’ve never rebelled,
or stood up and yelled,
or even just held my head high.
As ek vir ʼn oomblik dink aan ons lieflike land wat tans aan die brand is met soveel diensleweringsbetogings, aangevuur deur enorme armoede en voorgesê deur populistiese en gewetenlose politici, dwing dit ons na ʼn klooster bestaan.
Ons wil nie meer weet nie. Ons het die volle spektrum van magsmisbruik, nalatigheid, kriminaliteit en korrupsie gehad In ons mooi land. Hier en daar duik ʼn vlammetjie van hoop op net om gou weer uitgedoof te word. Die aangewese is om in ons eie kloosterbestaan te onttrek en die mure rondom ons huise en harte nog hoer te bou.
Ons lewe in Suid Afrika. Dis waar ons geroep word om kerk te wees.
Ons bestaan wentel meermale rondom onsself en ons eie voortbestaan.
Daar is ʼn lewe buite die konvensies waarmee ons grootgeraak het. Daar is ʼn ander wêreld daarbuite wat die meeste van ons nog nooit verken het nie. Daar is risiko’s wat ons nog nooit geneem het nie, problematiek wat ons nie geweet het bestaan nie en geleenthede wat nie benut is nie. Daar is lewe aan die anderkant van die veilige hawe van die vier mure van Sondag se erediens. Die Evangelie wil veel meer bereik as wat ons dit toelaat.
Jesus sê kom agter my aan en ek sal julle vissers van mense maak.
Waar vind ons Hom? By die sukkelendes, armes en verworpenes. By hulle wat genade nie verdien nie. Tussen rebelle en misdadigers, ongeletterdes en eenvoudiges. Hy waag dit op straat. Hy eet en drink saam met hulle, die tollenaars en sondaars van hierdie lewe. Hy verken die leefwêreld van mense, sluit die deur van sy luukse hemelse woning toe en gaan slaap op straat.
Dis “the life He never had but the life most people have to live”.
Hy doen dit sodat niemand sal kan se U sal nie verstaan nie.
Die meeste mense in Suid Afrika hunker na ekonomiese, maatskaplike en persoonlike vryheid. Hul vind dit nie in die wêreld nie en hulle vind dit ook nie in die kerk nie. Soos Deloris is hulle onwelkom in die kerk. Maar ons het die Delorisse van die wêreld nodig as die kerk gaan voortbestaan. Dis waar ons heil lê. Ons het nodig om gekontamineer te word deur die wêreld, dit moet aan ons afgee, ons moet ons hande vuilmaak anders sal die kerk nie oorleef nie en Suid Afrika ondergaan.
Het die kerk, die klooster iets gehad om vir Dolores te leer?
Inderdaad. 
Het Deloris iets om die kerk te leer? 
Verseker. 
As die kerk voortgaan om sy deure toe te hou sal dit ondergaan.
Start living the life we never had. 
Gaan leer ken iemand wat buite jou veilige bestaansruimte sukkel om te oorleef maar te midde daarvan vryheid beleef.
Gaan kyk gerus na die vreugde by arm mense. 
I want to be brave,
I want to be strong.
I want to believe
I’m where I belong.
To stand up and say
“I’m seizing the day”
To not just obey, but to choose.
And all of the doors yet to open,
all of the rooms ahead –
They’re beaconing bright,
scary and new –
But I’m standing tall,
and I’m walking through.
What’s gone may be gone,
but I won’t go on
playing dead!
Dan die crescendo !!
I will follow him
Follow him wherever he may go
And near him I always will be
For nothing can keep me away
He is my destiny
I will follow him
Ever since he touched my heart I knew
There isn’t an ocean too deep
A mountain so high it can keep
Keep me away
Away from his love