Here, help tog!!

Here, help tog!!

Daar is min dinge so verlammend as om die aand nuus op TV te kyk. Al stem ek nie saam nie kan ek verstaan dat sommige mense sê dat hulle nie nuus kyk of luister nie omdat dit hulle te veel ontstig. Mens moet darem ingelig kan bid of hoe?
Suid Afrika se politieke toneel lyk soos ʼn verhoogstuk wat voor jou afspeel. Jy weet net nie hoe om dit te tipeer nie. Is dit ʼn klug, komedie of tragedie?
Eintlik ʼn kombinasie van al drie.
Die berekendheid waarmee ongeregtigheid in Suid Afrika polities verpak word is verstommend. Wat ʼn mens nie kan verstaan nie is dat die topstrukture klaarblyklik geen ruggraat of “resolve” het om die vermorsing en verrinnewerings van bates in ons land te keer nie.
Dis duidelik dat ek baie gefrustreerd is en ek dink nie ek is verkeerd dat meeste mense so voel nie.
Wat maak ʼn mens met hierdie gevoel van onbehae en onvergenoegdheid?
Wat beteken dit om stylvol (soos Jesus) en gesag vol, duidelik en sonder omhaal van woorde (soos Jesus) op te tree?
Wie luister?
Ek is so dankbaar dat ʼn mens met die Here kan praat oor hierdie dinge.
Ongeag wat gebeur, God is in beheer.
Die ongeregtigheid en oneerlikheid wat endemies geword het in ons land sal nie ongekwalifiseer voortgaan nie.
Iewers gaan God sê, tot hiertoe en nie verder nie. Immers die Bybel sê ..vreeslik is dit om in die hande van ʼn lewende God te val.
Mag die Here ons bewaar!!

 Vader, help ons asseblief om gelowig en gehoorsaam te bly al wil ons somtyds ons hande in die lug gooi.U verstaan.Amen


p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}