“God sorg – Protected by Thompsons”

“God sorgProtected by Thompsons”

Here U sorg vir my. Psalm 16

Ons het ʼn bordjie voor ons huis waarop staan God sorg. Ons moes al dikwels verhuis maar die bordjie gaan saam en neem sy plek trots in waar mense dit kan sien. Dit is ons ervaring en belydenis. Die Here sorg vir ons.
By ʼn vorige huis waar die bordjie vertoon is het ons sekuriteitsmaatskappy hul advertensie bord aangebring, bykans reg langs aan ons God sorg bordjie. Op daardie bord staan daar “Protected by Thompsons”.
Een van my kollegas maak eendag die interessante opmerking, “jy is aan alle kante gedek. God sorg” en protected by Thompsons”.
Uiteraard het ʼn mens ʼn verantwoordelikheid en die feit dat ʼn sekuriteitsmaatskappy na ons belange omsien is nie noodwendig ʼn uitdrukking van ongeloof nie. Tog het dit my laat dink. Presies hoeveel vertroue het ons in God. Het ons ʼn paar gebeurlikheidsplanne in plek net ingeval God nie sorg en opdaag en beskerm en onderneem soos Hy se Hy sal doen nie.
Laat ʼn mens dink né !!
Here, dankie dat U altyd sorg.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen