Kriteria of riglyne vir die skryf van ʼn getuienis

Baie dankie vir u navraag oor die getuienisse.

Ons wil ʼn ToekomsVenster boek uitgee oor getuienisse wat vertel hoe mense verander het, nadat hulle ʼn ontmoet of ʼn ervaring met Jesus gehad het.

  1. Getuienisse moet God verheerlik en duidelik aantoon hoe die skrywer se lewe verander het.
  2. Lengte: Nie langer as 800 woorde nie asb.
  3. Die persoon moet betrokke wees by ʼn plaaslike gemeente of geloofsgemeenskap. (Heg asb. die naam van sodanige instansie aan. (Dit moet geloofwaardig wees.)
  4. Beeldmateriaal (foto’s van skrywer en enige ander toeliggende foton – hoë kwaliteit) kan ingesluit word.
  5. Afrikaans of Engels
  6. Getuienisse sal redaksioneel versor word en skrywer gee daartoe toestemming.
  7. Skrywer gee toestemming dat getuienis gepubliseer mag word.
  8. Daar is geen vergoeding betrokke nie, maar die skrywer sal wel ʼn komplimentere kopie van die bundel ontvang.
  9. Sluitingsdatum: 31 Julie 2017