Gesang: 177

Gesang: 177
“Die see en al wat skei verdwyn
God self kom by ons bly” 

Die see is bekoorlik mooi. Terwyl ek langs die strand afstap sien ek hoe die golwe op die rotse breek. Dis prentjie mooi. Dit lyk of die see ʼn ander skakering van groen en blou kies om mee te spog. Reg voor ons bly plekkie kyk ons uit op die rotse en see. Af en toe parkeer iemand reg voor ons plekkie tot ons irritasie. Dis mos ons uitsig, weet hulle nie? Elkeen wil ʼn stukkie van die see vir homself opeis.
Vanoggend se golwe is ekstra vertonerig en groot. Dit spog in grootte en maak ʼn diep buiging soos ʼn wafferse verhoogkunstenaar voordat dit breek en uitspoel.
Dit laat my dink hoe dikwels dit lyk asof die golwe van die lewe ons gaan oorweldig. Dit staan konfronterend voor jou en trek jou bykans in sy lyf in totdat dit skielik breek en in niks meer as ʼn skuimbondel uitspoel nie. Amper soos gogga maak vir baba bang. Dit mag jou ʼn slag of drie rondrol en soek na waar bo is maar op die einde staan jy op en weet dit was nie so erg nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Moenie vir alles weghardloop nie. Die Bybel sê bly op jou pos totdat die stryd verby is. (Efes.6)