Geloof Hoop Liefde

Geloof Hoop Liefde

Gister was ń emosionele dag vir verskeie redes. Ek woon ń geleentheid by waar ń mens gekonfronteer word met seer in die verlede. Ons almal het ń stukkie seer erens en dit neem soms  ń leeftyd om daarvan te genees.
Baie seer kom uit die kinderjare. Dinge wat aan jou gesê en gedoen is wat jou weerloos gelaat het.
Seer is egter nie net tot kind wees beperk nie. Agter alles sit die bose wat ń mens wil ontwrig en destabiliseer. Hy weet goed dat God ń droom het vir elke mens en hy probeer sy uiterse bes om dit te frustreer.
Josef in die Bybel is  goeie voorbeeld. Daar is egter ń wonderlike troos. Hy wat met ons begin het selfs voor ons geboorte  ( Ps.139) sal ook met ons klaarmaak.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 17.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Miskien sal Paulus my verskoon as ek net vir vandag die orde van sy bekende trilogie verander. Geloof, hoop, liefde, maar die grootste hiervan is die hoop.