Geestelike groei
HEBREËRS 5:12
Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. ‘n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie.
Wat nie groei nie gaan dood. Wie nie groei nie gaan dood. Ons hoef oor hierdie stelling nie te debatteer nie. Dis ʼn feit van die lewe.
Dit geld eweseer vir ons geestelike lewens.
Wedergeboorte is die begin van ʼn pad saam met Jesus. Die geestelike baba is klein, broos, selfs effe dom en onbeholpe. Dis ʼn avontuur wat voorlê. Daar is ʼn wêreld wat ontdek moet word, woordeskat wat bemeester moet word, vaardighede wat aangeleer moet word, kultuur wat integreer moet word.
Om ʼn baba te sien groei is ʼn heerlike ervaring. Die hemelse geskenk word groter, gaan deur verskeie fases van ontwikkeling totdat daardie mens sy of haar plek in die samelewing in neem en mede-verantwoordelikheid aanvaar vir die lewe.
Dis nie veel anders vir ʼn Christen nie. Ons begin ewe broos, leer God algaande beter en beter ken, aanvaar groter mede verantwoordelikheid vir die deurbreek van sy Koninkryk.
Die skrywer van Hebreërs is omgekrap omdat die mense aan wie hy skryf steeds babas in die geloof is. Hulle het versand by die eerste beginsels van die geloof. Van groei is daar min sprake.
Hoe lyk dit in jou lewe? Dankie dat jy deur hierdie blog saam reis. Dis nie genoeg nie. Die baba in jou is honger. Voed jou innerlike mense gereeld en omvattend met hemel spyse.
Dalk wil jy navraag doen oor die verskeidenheid geestelike groei materiaal wat ons tans beskikbaar het. Ek beveel graag Grondvlak Christene aan. Dit sal uit verras.
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
Skakel Drienie 011 6652017 gerus daaroor.