Ek luister na ʼn bespreking op radio oor die uitdaging om mense wat gevangenisstraf uitgedien het weer in die samelewing op te neem. Sommige het selfs studeer terwyl hulle in aanhouding was en het vaardighede bemeester. Die feit egter dat hulle ʼn oortreding begaan het wat die gevangenisstraf tot gevolg gehad het, het tot gevolg dat hulle ʼn etiket “om die nek dra” by wyse van spreke.
“Veroordeelde misdadiger”.


Dit is betekenisvol om te luister na die wyse waarop daar veral in die media na sulke mense verwys word.


“Die moordenaar so en so of die swendelaar so en so”
Die media sorg dat ʼn mens se oortreding nie vergeet word nie. Jy het ʼn “kriminele rekord” en sal dit vir die res van jou lewe dra. Die feit dat jy gevangenisstraf uitgedien het maak nie jou kriminele rekord skoon nie. Dit loop saam met jou.

r so en so”
Die media sorg dat ʼn mens se oortreding nie vergeet word nie. Jy het ʼn “kriminele rekord” en sal dit vir die res van jou lewe dra. Die feit dat jy gevangenisstraf uitgedien het maak nie jou kriminele rekord skoon nie. Dit loop saam met jou.


Dit het my laat dink hoe merkwaardig die verlossing is wat ons in Christus Jesus deelagtig geword het. Ons oortredinge is aan die kruis vasgespyker en die prys is volledig betaal. Ons word uitgenooi om God in Christus Jesus te vertrou vir volle vergiffenis.
Die teks in Jesaja sê juis dat skarlakenrooi sonde soos wol en sneeu word, so asof ons nooit enige oortreding begaan het nie. Soos die verlore seun word ons status as kind van die Vader volledig herstel en word ons op geen manier herinner of verwyt deur dit wat ons gedoen het nie.
Ek wonder waarom die wêreld nie kan vergeet as God bereid is om by wyse van spreke te vergeet nie.


Natuurlik is dit baie belangrik om jouself ook nie voortdurend te herinner aan die oortredinge wat jy begaan as Jesus dit eenmaal vergewe het nie.
Wat dra jy met jou saam?


Dis so onnodig.
Jou kriminele rekord is uitgevee.