Geen groter genade

Geen groter genade

Daar is geen groter genade as ‘n nuwe dag nie.

Wakker word in die oggend beteken dat daar nog ‘n plan is vir en met ons lewens. Om met ‘n treurige en opstandige hart wakker te word is ‘n mosie van wantroue in ‘n goeie God en Vader.
Verkeerde voet uit die bed uit is sommer ‘n verskoning vir sonde. Ons laat ons nie manipuleer deur negatiewe gevoelens nie.
Carpe Diem is ons voorland, gryp die dag. Dit mag die laaste wees op aarde. Daar is meer as genoeg om voor te lewe.
As jy vandag tot die dood toe moedeloos is moet jy by n dokter uitkom. Daar is fout en dit kan aangesprek word. Dis nie nodig om swaar te kry nie.
Ek praat nie van die af en toe swaarmoedigheid wat sonder rede oor ons toesak nie. Moenie daar vertoef nie. Tel jou seëninge. Die son het opgekom. God is op die troon. Sy Woord is waar. Sy liefde ondeurgrondelik. Daar is mense wat omgee.
Dit is ‘n nuwe dag.
Here, gee dat hierdie sag nie by my sal verbygaan nie
Amen
Ps Vertel ‘n bietjie hoe jy met die dinker gordyntjie in jou lewe deel, daardie gevoel van moedeloosheid wat somtyds op ‘n mens toesak.
Hoor graag van jou.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.0px Helvetica; -webkit-text-stroke: #000000; min-height: 17.0px}
span.s1 {font-kerning: none}

Jannie