Ek kan dan nog nie lees nie.!!
Dis die eerste skooldag van 2018 en die wêreld is in rep en
roer. Tussen berigte van duisende kinders wat nie geakkommodeer kan word nie is
daar ʼn stroom motors op die pad na hul plek van keuse vir die opvoeding van hul
kinders. So luister en radio net nadat ek Karlu ons kleinseun by die
kleuterskool afgelaai het.
Vertel ʼn mamma van haar dogtertjie wat nie kon wag om by die
skool uit te kom nie, eerste skooljaar van haar lewe. (Gister was klaarblyklik
reeds “skool” vir die graad 1 en graad 8 kinders) Die dag het goed verloop en
geen oproepe van die skool wat sê dat die jongeling onbedaarlik huil
nie, inteendeel.
Toe die mamma haar liefding namiddag by die skool gaan haal
vra sy uiteraard hoe die dag was. Die aanvanklike vreugde en verwagting het nou
plek gemaak vir diepe teleurstelling. Nee sy is glad beïndruk met skool nie, sy
was die “hele dag” daar en kan steeds nie lees en skryf nie.
Pragtige storie, groot waarheid.
You cant fast forward on life. It takes a  lifetime.
Ons wil die kuns van lewe oornag bemeester maar dit werk nie
so nie. Dis nie boeke kennis alleen nie, dis “on the job training”.
Die lewe is ʼn vakleerlingskap en daar is altyd nog ʼn module
wat wag om voltooi te word. Meermale moet vorige modules weer deurgewerk word
en ander word telkemale herhaal. 
Spreekwoordelik weer om die berg.
Die veral waar wat ons geestelike lewe betref sonder om ons
lewens in kompartemente te verdeel. Ons is ʼn geïntegreerde geheel, liggaam,
siel en gees.
Heiligmaking is ʼn proses en dit neem ʼn leeftyd.
Volmaaktheid word eers by die wederkoms ʼn werklikheid.
Tot dan is dit leer lees en skryf vir ʼn vale.
Dissipels van Jesus.
Here dankie dat ek kan leer.
Amen.

Ps. Help tog met die kinders wat nog nie by n skool
ingeskakel kan word nie.