“Ek is… Ek gaan eendag wees…”

“Ek is… Ek gaan eendag wees…”

Verlede Saterdag het ek Karlu se kleuterskoolkonsert bygewoon. Die finale jaarsklassie het gegradueer (so ewe) omdat hulle volgende jaar “groot skool” toe gaan. Elkeen het op die verhoog verskyn en die volgende aankondiging oor die mikrofoon gedoen. “Ek is Zander en gaan eendag ʼn vlieënier wees. Ek is Sanette en ek gaan eendag ʼn juffrou wees”.
Sommige wil Superman of Spiderman of ander fantasie karakters wees, maar almal wil eendag iets of iemand wees.
Dit verteenwoordig ons kinders se drome. Hulle mag deur ma en pa voorgesê wees of hulle het iewers die karakter op TV of ʼn film ervaar. Klein maar hulle  droom al.
Alle kinders het drome. Ongeag van waar hulle woon of wat hul agtergrond is, kinders droom, grootmense ook.
Vir drome om te realiseer moet daar ʼn omgewing en ondersteuning wees wat saamwerk en ʼn atmosfeer vorm om aan daardie droom gestalte te gee.
Dis so jammer dat die drome van  by verre die meeste kinders in Suid Afrika net drome sal bly.
Ons is verbondsouers. Ons het voor die Here belowe dat ons niks sal doen wat ons kinders se ontwikkeling en potensiaal kan inhibeer of frustreer nie. Ons het ook ʼn verantwoordelikheid teenoor ander kinders, veral hulle wat nie die geleentheid het nie.
Sal ons nie oorweeg om die drome van ten minste een kind buite ons huishouding te help realiseer nie.
Jesus droom oor kinders.
Hy het gesê “laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel”.


GebedVader, kinders is ʼn geskenk uit U hand.Dis ook ʼn baie groot verantwoordelikheid.Ons bid vir al die kinders van Suid Afrika.Amen.


p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}