Drie dinge voor jy gaan slaap (lees klaar asb.)

Almal slaap. In elke siklus van 24 uur is daar ʼn slaapsessie. Slaap is lekker. Hierdie naweek gaan ek bietjie slaap inhaal.
Ek wens ʼn mens kan slaap “spacebank”. Wanneer jy moeg is omdat jy nie genoeg gerus het nie maak jy ʼn “onttrekking”. `n  Slaap “ATM”!
Dis gerusstellend om te weet dat God nie slaap nie. (Ps. 121)
Mense wat slaap is op hul weerloosste. Juis daarom is ʼn mens so geskok en getraumatiseerd as skelms jou privaatheid betree terwyl jy en jou huismense slaap. Jy besef dat jy aan die genade oorgelaat was. Ons is dit in elke geval oomblik vir oomblik, nie waar nie.
Drie belangrike dinge voor jy gaan slaap.
♥             Borsel jou tande.
Tandbederf is op sy besigste as jy slaap. Die man met die hamertjie is baie besig om stukkies tand te steel vir sy skelm bouprojek. Slaap met ʼn skoon mond. Dis een van die skaam dinge van menswees, jy slaap dikwels oopmond. Ai tog. Ten minste is dit ʼn vas mond!!
♥             Maak seker dat die huis toe is.
Ons het juis gepraat van skelms wat jou spasie betree wanneer jy weerloos is. As jy nog nie een het nie kry ʼn alarm. Maak een van die binnedeure na jou slaapkamer van yster en grendel die. Maak seker dat jy weet waar jy die sleutel neersit voor jy aan die slaap raak. As jy moet uit moet jy uit!!
♥             Dink en evalueer die dag wat verby is.
Moenie hierdie stap oorslaan nie. Nadat jy jou ander helfte nag gesoen en ʼn goeie nagrus toegewens het dink jy oor die afgelope 12 uur en wat gebeur het. Jy gee die dag ʼn punt om mee te begin.
Dit was ʼn “ses uit tien” dag bv.
[if !supportLists]-          [endif]Vyf is gemiddeld en niks om oor huis toe te skryf nie.
[if !supportLists]-          [endif]Drie is kommerwekkend laag en moet bedink word.
[if !supportLists]-          [endif]Sewe is nie sleg nie maar nege is uitnemend.
Jy dink oor die dag en bepunt dit, nie ondankbaar nie, die lewe is ʼn gawe en God is goed. Altyd!!
Jy dink oor die dag sodat jy dit beter kan doen… die lewe.
Jy bedink die hoogtepunte. Jy identifiseer drie dinge waaroor jy besonder opgewonde en dankbaar is. Soek, jy sal dit kry.
Jy worstel ( vir ʼn oomblik) met die teleurstellings en probeer agter die kap van die byl kom.
Jy dink na oor sonde en sê dadelik skuus met die voorneme en gebed om dit nie weer te doen nie.
Jy maak vrede met die punt.
Dis is nou so, more weer probeer.
More gaan dit beter.
Jy bid daaroor.
Wees suinig met punte gee. Agt en nege is uitsonderlik. Dis buitegewoon. Daar kom sulke dae maar hulle is skaars doodgewoon omdat ons nog nie in die hemel is nie.
Daar sal elke dag tien uit tien haal. ‘
Ps. 121: 4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
Nag.
Lekker slaap!!
Jannie
Groete
Jannie Pelser
Rant en Dal Gemeenskapkerk

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Bookman Old Style’; font-kerning: none}
span.s3 {font: 9.3px ‘Times New Roman’; font-kerning: none}