Decrapify!!

Decrapify!!

By die leiersberaad wat ek onlangs bygewoon het het een van die sprekers hierdie term gebruik. Die woord wil ons daartoe bring om die rommel in ons lewens te hanteer en sover as moontlik daarvan ontslae te raak. Die geraas in ons lewens is te veel wat beteken dat ons nie vanuit ʼn posisie van rus kan leef en optree nie.
Meeste van ons versamel goed. Selfs die negatiewe goed laat ons veilig voel. 
Dit verklaar waarom ons negatief en onder die weer voel. As daardie dinge weggeneem word voel ons skielik onveilig. Ons het so gewoond geraak aan die bagasie dat ons nie meer weet hoe dit voel om nie iets agter ons aan te sleep nie.
Maak ʼn lysie van die rommel in jou lewe en waag dit om daarvan ontslae te raak. Dit mag beteken dat jy deel met die gevoelens van bitterheid, selfs haat. Jy sal tien teen een iemand moet vergewe en vryspreek. Dit hou egter groot belofte in vir wie daarby uitkom.
De-crap-i-fy your life.
Raak daarvan ontslae…
Gou ook. Dis onnodig, lastig en knel jou ontwikkeling.
Here, ek is moeg gedra aan die bagasie en wil nou daarmee deel.
Gee vir my die wysheid om daarvan ontslae te raak.
Amen

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}