Black Friday

Black Friday

1 Kor. 3:16 tempel van die Heilige Gees.
Suid Afrika is klaarblyklik nog meer opgewonde oor “Black Friday” as selfs die Amerikaners.
Almal hou daarvan om ʼn paar rand te spaar as dit kan, die lewe het baie duur geword.
Ek luister egter na verkeersverslae en oral word mense gewaarsku dat verkeer veral rondom die groter inkopie sentra baie druk is.
Ek is dankbaar dat ek nie nodig het om op die pad te wees nie.
Ek wonder tog of mense nie iets van hul menswaardigheid verloor met sulke sg. spesiale aanbiedinge nie.
Tonele van massas mense wat verward die gange van die winkel bestorm sodra die deure oopmaak en trollie op trollie vol pak sal vanaand weer op die TV skerm wees.
Hier en daar sal mense mekaar skeef aankyk omdat iemand ʼn item voor hulle weggeraap het. Ek vermoed dat onvriendelike woorde selfs in die proses gewissel kan word.
Ek wonder maar net of die kool die sous werd is.
Tyd wat in die proses verspeel word terwyl gewag word dat die winkeldeure open en dan in die lang rye wat wil betaal is tog ook belangrik.
Wonder hoe voel julle oor hierdie dink ek klippie in my skoen?
Ons is immers beelddraers van God en Hy sorg vir ons.
Here, U weet alles.
Die lewe is duur en geld is skaars.
Help my om nie my menswaardigheid te verloor terwille van ʼn winskopie nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen