Beïndruk die klein dingetjies nog

Beïndruk die klein dingetjies nog
Vind jou krag in die hemel en in sy groot mag
Die wêreld is gekompliseerd en laat ʼn mens soms swaar dra. Die fokus is op probleme en uitdagings en terwyl ʼn mens van dag tot dag probeer oorleef is die gevaar baie groot dat die lewe by ʼn mens kan verbygaan.
In watter mate verras en beïndruk die klein dingetjies jou nog?
Ek het ʼn aantal goue vissies wat my oneindig vreugde verskaf. Ek kyk ten minste een keer ʼn dag hoedat hulle swem. Onbewus van my is hulle oënskynlik so vry soos kan kom ( soos ʼn vis in die water). Daar is nie kommer ( of waarvan ek weet nie) oor wat te ete gaan wees nie. Ek dink nie hulle bekommer of die water uit die dammetjie gaan leeg lek en hulle “bedroë”daarvan gaan afkom nie. Sodra ek die pompie aanskakel baljaar hulle letterlik in die borrels.
Die vissies leef vir die oomblik, hier en nou. Hulle vind vreugde in hul bestaan en steur hulle nie aan wêreldgebeure nie. Ek weet nie of mnr Donald Trump of Hellen Zille se twiets hulle hoegenaamd ontstel nie. Ek dink stellig nie so nie. Daarmee wil ek nie sê dat ons onkundig moet wees oor wat in die wêreld aan die gang is nie maar die gewig wat ons met ons saamdra maak die lewe moeisaam en nie altyd lekker nie. Gaan soek weer na eenvoud in jou omgewing en verlustig jou in ander dinge se onbesorgdheid. Miskien leer jy iets.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}