Beginsels vir ʼn gelukkige lewe 21


Weet wat om te los.


Ek is ʼn hopie mens. Ek maak bymekaar en raak bitter moeilik daarvan ontslae.


Ons het in die onlangse verlede verhuis en moes weereens deel met goed wat saamry sonder dat dit in maande, selfs jare gebruik is.


Notas uit my student dae, nog nooit weer oopgemaak nie vorm deel van my bagasie. Penne, bykans almal droog, gaan terug laai toe.


Stukkies papier, dokumentasie van jare gelede, boeke wat ek in die tyd wat “oor is” nooit sal kan lees nie, klere wat sentimentele waarde het, foto’s wat lankal verbleik het, verroeste gereedskap, so kan ek aangaan, trek weer en weer saam.


Met die weggooi en saai het dit effe beter gegaan die slag, maar dit bly ʼn groot uitdaging.


Die dinge wat ons saamtrek en deesdae in gehuurde eenhede gaan stoor omdat ons nie plek het daarvoor nie is ʼn metafoor vir ander bagasie wat ons met onsself saamry.


Emosionele bagasie by name. Wanneer dit ons pas haal ons die ou stories van teleurstelling, gekneusde hoop en natuurlik onreg wat teenoor ons gepleeg is ( ons eensydige persepsie daarvan) uit , lek nog ʼn bietjie aan ons wonde en bere dit dan weer sorgvuldig weg.


Emosionele bagasie by name. Wanneer dit ons pas haal ons die ou stories van teleurstelling, gekneusde hoop en natuurlik onreg wat teenoor ons gepleeg is ( ons eensydige persepsie daarvan) uit , lek nog ʼn bietjie aan ons wonde en bere dit dan weer sorgvuldig weg.


Dit definieer ons, vorm deel van ons identiteit.
Ons voel onveilig daarsonder, kan onsself nie voorstel hoe dit moet wees om regtig vry te wees en te lewe nie.


In Suid Afrika het ons soveel bagasie wat lankal by ʼn herwinningsaanleg afgelaai moes gewees het.


Sommige daarvan toksies wat onder die aarde in geseëlde konkas of teen hoe temperature in ʼn oond verbrand moet word.
Wat dra jy met jou saam?


Waarom kan jy nie daarvan ontslae raak nie?
Gaan praat met iemand, hulle kan jou help.
Waarom doen jy dit aan jouself?