11 Mei 2017 – As ons saam gebid het

As ons saam gebid het..
JESAJA 32:15
So sal dit wees totdat die Gees van Bo af op ons uitgestort word. Dan word die woestyn ‘n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir ‘n bos aangesien word
Suid Afrika ervaar tans ʼn gebedsherlewing. Algehele herlewing deur die geskiedenis heen is voorafgegaan deur indringende en volhoubare gebed dat God sy kerk in Heilige Gees teenwoordigheid en krag sal ontmoet. Daar is duisende mense in ons land wat die Here al jare in gebed herinner aan sy beloftes in die verband.
Een van die “versoekings” verbonde aan gebed is om altyd met dieselfde mense saam te bid. Ander kontekste en behoeftes word nie verken nie en bidders loop die gevaar om vanuit hul eie verwysingsraamwerk na die Here te kom. Ons praat nog min met mekaar in Suid Afrika en ervaar meestal afstand en selfs agterdog. Dit word demonstreer deur die manier waarop ons na mekaar verwys…hulle wil dit en hulle wil dit nie, hulle glo en doen dit of die teenoorgestelde. Dit is so maklik om stereo tipes van mekaar te vorm wat ons nie op die pad van genesing in Suid Afrika gaan help nie.
Mag hierdie tyd van gebed ons na mekaar toe laat draai.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}