As jy nie so “voel” nie

As jy nie so “voel” nie 

PSALMS 42:6
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper
ʼn Mens is ʼn komplekse wese, byna onverstaanbaar. Een dag kan jy berge versit en die volgende staan jy ontmoedig en pootuit op. Niks noemenswaardig gee daartoe aanleiding nie,  dis net asof die ritmes van die lewe mekaar onvoorspelbaar opvolg. In die wolke en dan diep onder die aarde. Opgewonde en dan terneergedruk. Dis daardie onverstaanbare bewustheid van “ek voel nie lekker nie”. Die “waar” van die gevoel kan jy nie mooi lokaliseer nie, jy weet net, jy funksioneer vandag nie op jou beste nie.
Welkom by die menswees ervaring. Hou op om jouself daarvoor te verwyt en sleg te sê. Dis so maklik om onvriendelik en selfs wreed teenoor jouself te wees.
Verwelkom die geskakeerdheid van die lewe en die ervaringe wat daarmee in verband staan. Dink na oor jou gevoelens en probeer dit interpreteer. As daar ʼn aanwysbare rede is vir die negativisme doen wat gedoen moet word. Sonde kan bely word, verhoudinge kan reg gemaak word, as jy misluk het kan jy weer probeer of herbesin. Daar is ʼn legio van moontlikhede hangende wat aanleiding gee tot die gevoel van onbehae.
Indien egter geen aanwysbare rede gevind kan word nie, verwelkom dit eerder as om dit te beveg. Jy versterk dit net. Die grootste kunswerke, die mooiste liedere en die mees verhewe poësie is gebore in oomblikke van somberheid.
Verwelkom die ervaring van menswees. Omhels jou afhanklikheid. Loof die Here dat Hy jou steeds liefhet. Sing lofliedere en gaandeweg maak die negativisme plek vir ʼn ander ervaring van menswees.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

As die donkerheid egter vir ʼn tyd lank voortduur sonder ʼn noemenswaardige rede soek professionele hulp. Dis die regte ding om te doen.