Alles God, alles ons.

Dit mag onvriendelik klink maar by God is daar, benewens die ewige lewe, nie “handouts” nie. Dis alles God, dis alles jy.

Dis alles jy en alles God.

Die lewe is te ene male ʼn allegaartjie van op en af, van goed en dalk nie altyd so goed nie.

Elke asemteug, elke tree en elke stigtelike en positiewe gedagte is per die genade van God. Ons kan niks sonder Hom doen nie.

As Christene leef ons Coram Deo, oomblik vir oomblik uit sy genade hand. Dit beteken egter nie dat die Here ons verantwoordelikhede en die dissipline, toewyding en selfs opoffering wat daarmee gepaard gaan, sondermeer op Hom neem nie.

Daar ís omstandighede waar ons niks kan doen nie. Daar kan ons die Here vertrou om tussenbeide te tree en ons te dra. Die ander doen ons wat ons hand vind om te doen, ons doen alles waartoe Hy ons bestem en geroep het, ons leef ons dissipelskap daagliks volledig uit.
Ons gaan as Hy ons stuur.

Ons praat as Hy ons opdrag gee.

Ons geniet die lewe omdat Hy dit moontlik maak maar ons sit nie en wag dat dinge soos ʼn hemelse tafeldoek oor ons neersak nie. Dis ver van God se bedoeling vir ons lewens, immers Hy het sommer aan die begin vir Adam en Eva werk uitgedeel.

Dis ʼn voorreg om vir Hom te werk.
Dis genade dat ons die krag, intellek, onderskeidingsvermoë en gawes het om te doen waartoe Hy ons roep.
Voluit in sy Krag.
Geen lyf wegsteek nie.
Hy sien alles.
Ons wil eendag hoor…mooi so goeie en getroue seun en dogter.

JOHANNES 15:5
“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.


Deel met ander as dit iets beteken seblief!!

Groete, Jannie Pelser