9 Maart 2017 – Joh. 3:16

Joh. 3:16

Op pad na Pretoria en net langs die besige snelweg is daar ʼn advertensie bord met ʼn reuse banier met die teks Joh. 3:16 daarop (“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” )
Pragtige reënboog kleure omhul die teks. Verder is daar geen woorde en geen aanduiding van wie die borg is nie.
Aan die anderkant van hierdie bord is ʼn enkele verwysing na Sefanja 3:17 (17Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou)
Iets binne ʼn mens bons van opgewondenheid oor hierdie inisiatief. Die advertensie kos tienduisende rande. Ek weet omdat ek al navraag gedoen het. Die eenvoud van die plasing asook die feit dat die borge (e) se naam (name) ontbreek spreek boekdele. Daarmee se ek nie dat dit verkeerd sou wees om die borg se naam te noem nie. Inteendeel. Tog is die afwesigheid van die borg se naam ʼn aanduiding van diepgesetelde geloof, dankbaarheid, vertroue, erns en roepingsbewustheid. God dans van vreugde lees die geïnterpreteerde teks uit Sefanja. God het jou lief lees die rugkant.

Het hierdie waarhede al in jou binneste tuis gekom? 

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}