7 April 2017 – JOB 37:23

JOB 37:23
Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie
Vandag verteenwoordig waarskynlik die grootste publieke weersin in die arrogante misleiding van waarskynlik die ongewildste staatspresident van alle tye.
Woorde ontbreek om te probeer hoe ʼn gevoel van misnoeë ʼn mens beetpak wanneer in die gesig van teenstand mnr Zuma giggelend, gerugsteun deur die Guptas en sy persoonlike rykdomme, voortgaan om die staatskas te plunder.
Die frase “genoeg is genoeg” het die afgelope tyd oral opgeklink.
Ek is nie seker dat vandag die “tipping point” verteenwoordig nie, maar die seisoen is aan die verander.
Selfs die Guptas kan dit nie keer nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 18.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}