5 Mei 2017 – Ek is hier om te bly

Ek is hier om te bly
SPR 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is …
Ai. ons liewe pres. darem. Die man weet hoe om homself los te wikkel van probleemsituasies. Hy mag sukkel om getalle agtermekaar te kry maar is ʼn bobaas strateeg. Oënskynlik onbeweeglik in sy selfgerigtheid.
Die skare kan protesteer, dis ware demokrasie. Die wêreld behoort dit te waardeer. In Suid Afrika kan en mag mense sê hoe hulle voel, net maar dat niemand, veral nr. 1 hom daaraan steur nie. Wat beteken demokrasie as niemand daarna luister nie?
Dis die joernaliste se opsomming van sy reaksie by die WEF se byeenkoms in Durban wat my getref het. Die President sê hy gaan nêrens nie.
Die feit van die saak is dat ons almal op pad is êrens heen. Daar is nie sprake van neutraliteit in jou bestaan nie. Ons luier nie maar van dag tot dag nie maar gee inhoud aan die reis. Ons beweging neem ons iewers heen. Daar is ʼn adres voor met ons naam daarop. Dit mag die heerlike versekering wees van ʼn lewe saam met Christus wat oneindig en ewigdurend van aard is of ʼn toekoms sonder Hom. Laasgenoemde is vreesaanjaend.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Ek mag nie namens ander besluit nie. Die Here ken ons harte. Ek gaan nie oordeel of veroordeel nie. Dis God se werk maar ek bid vir ons pres. Hy is op pad iewers heen. Dis egter sy keuse.