5 Junie 2017 – Let op jou woorde

Let op jou woorde
SPREUKE 18:21
Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra
Ons is so geneig om ingesluk te word by die negativisme van die wêreld.
Suid Afrika lewer genoeg slegte nuus dat ʼn mens in ʼn toestand van hopeloosheid kan verval.
Dit is juis die uitdaging van kinders van die Here, nl. om draers van hoop te wees. Dit is die sout en lig funksie waarvan die Bybel praat.
As ʼn mens dan oor die gebeure van die dag praat en vind dat dit na die negatiewe, pessimistiese en desperate neig, voeg ʼn “maar” daaraan toe en kwalifiseer die nuus met God se sorg , liefde, ontferming en omgee.
“Die ekonomie is regtig sleg maar die Here sorg elke dag vir ons” of “daar is soveel korrupsie in hierdie wêreld maar die Here kan harte verander”.
So bring ons uitkoms en hoop rondom ons,

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}