5 April 2017 – EFESIËRS 1:18

EFESIËRS 1:18
Ek bid dat Hy julle geestedom so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het
Dis onstuimige dae hierdie. Emosie is ʼn gevaarlike ding en kan ʼn mens in ellende laat beland as dit nie gekomplimenteer word met ʼn behoorlike stuk rasionaliteit nie.
Dis asof elke tweede persoon op sosiale media ʼn projek en voorstel van stapel stuur. Trek swart aan of maak Suid Afrika onbeheerbaar deur almal die strate in te vaar en selfs hoofweë te versper.
Ek hoop inderdaad dat gelowiges deel sal wees van die protes waaroor ek meer dikwels gepreek het maar dan op verantwoordelike wyse en as deel van ʼn behoorlik georganiseerde inisiatief. Daar is reeds stemme vanuit ander oorde wat dreig om protesoptrede met geweld te beantwoord. Ons kan nie op die kantlyn sit nie maar ʼn mens spring nie aan die diep kant van die swembad in as jy nie kan swem nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Wees wakker en onderskei wat verantwoordelik is sonder om jou deur vrees of nie trakerigheid te laat manipuleer.