4 Mei 2017 – As dit die Here se wil is…

As dit die Here se wil is “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
Matteus 5:3
Ek dink gister aan my moeder, lankal reeds by die Here. Snaaks hoe ʼn mens nie vergeet nie. Die dinge wat sy gesê en gedoen het, bly ʼn mens by.
Sy was nie volmaak nie, inteendeel. Tog het sy ʼn skerp humorsin gehad en kon met onderskeiding praat oor die gebeure van die dag.
Pa was ʼn praktiese, dag tot dag mens. Vorentoe dink en beplan was nie ʼn deel van sy verwysingsraamwerk nie. Hy het vandag gehad en daarmee het hy gewerk. Dit het ma baie gefrustreer. Sy was ʼn toekoms mens. Daarom was dit so belangrik dat haar kinders ʼn “geleerdheid” kry sodat hulle nie ook swaarkry nie. Ja, ons het dit nie breed gehad nie. Ons het nooit honger gely nie maar daar was geld vir die noodsaaklike. Later jare het dit darem beter gegaan nadat pa ʼn ander betrekking aanvaar het.
Een van ma se sê dinge was “as die Here wil”. Ons is gou tereg gewys as ons planne beraam het maar oënskynlik vergeet het om God daarby te betrek.
Moet nooit selfvoldaan en arrogant jou lewe beplan asof jy alles onder beheer het nie. Daarvoor is die lewe net te vol verrassings.
Lewenspraktyk leer ons dat ons nie eiewys en selfgesentreerd moet lewe nie. God is in beheer en dis waar Hy moet wees met betrekking tot ons lewens.
Is God deel van jou reis?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}