2 KRONIEKE 7:14
14en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
15Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan. 16En nou kies Ek en heilig Ek hierdie tempel sodat my Naam altyd daar sal wees, en dit altyd my sorg en my liefde sal geniet.