31 Mei 2017 – God is up to something

God is up to something
Jer. 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan …
Ons leef in interessante tye. Die Here is nie afwesig nie maar besig om sy Goddelike doel met ons en met ons wêreld te bereik.
Somtyds kan ʼn mens baie negatief en pessimisties word oor alles wat ʼn mens lees en sien. Ons moet liefs die bril waarmee ons na die wêreld kyk vervang.
God is in beheer en Hy is Waarmaker van sy Woord. Hy staan in vir die geloofwaardigheid van sy beloftes en sal ons nooit teleurstel nie. Hy sien die groter prentjie. Ons het beperkte visie en word maklik onkant gevang deur nog ʼn nuusberig van korrupsie, geweld en misdaad. Daar is ʼn groter prentjie, die Waarheid dat niks nie Here ontstel of verbaas nie. Die Psalmdigter sê dat Hy bo die storms van die lewe regeer.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Mag ons God se perspektief op ons wêreld deeglik voor oë hou.