29 Mei 2017 – Pro of reaktief

Pro of reaktief

Galasiërs 5:25
Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal…
 

Ek lees vanoggend ʼn paragraaf uit die bekende “Seven habits of highly effective people”  dat ʼn mens pro aktief eerder as reaktief moet wees. Bepaal self die seisoen waarin jy wil lewe en maak die eerste skuif.
Ek dink na oor myself en hoe dikwels ek in ʼn posisie van reageer geplaas word. Eksterne faktore bepaal hoe my dag gaan verloop, of ek vervuld of onvergenoegd gaan wees, kwaad en buierig eerder as vriendelik en toeganklik, ens.
Goed waaroor ʼn mens nie beheer het nie het die vermoë om jou om te krap en ontwrig. Dit bepaal hoe jou dag, desnoods hoe  jou lewe verloop en jy is alewig besig met krisisbestuur eerder as om in “beheer” te wees.
Uiteraard is ons beheer ondergeskik aan die beheer en leiding van die Heilige Gees. Tensy ons regtig glo dat die Here in beheer en is dat daar niks vandag gaan gebeur waaroor “ons” nie sal kan seëvier moet  ʼn mens bykans sonder ophou vure dood slaan en veg vir oorlewing.
Kom ons laat die Gees van die Here toe om ware beheer oor te neem en leef in gemeenskap met Hom van oomblik tot oomblik. Hy is ʼn briljante strateeg en weet presies hoe om elke situasie te hanteer.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Sterkte en seën vandag.