Vryheidsdag
GALASIËRS 5:13
Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde
Vandag vier miljoene Suid Afrikaners vryheidsdag.
Ons is dankbaar dat die Here ons op ʼn nuwe weg van medemenslikheid gelei het.
Feit van die saak – daar is baie mense wat nog nie vry is nie. Vry om keuses uit te oefen omdat hulle die geleentheid daartoe het.
Uiteraard is min van ons so vry dat ons alles wat ons wil en begeer kan kry maar die meeste van ons het genoeg om te eet, ʼn plek om te bly en ʼn werk om na toe te gaan. Baie ander het dit nie.
Daar is ʼn ander vryheid wat uiters belangrik is. Trouens dit maak die verskil tussen lewe en dood.
Die die vryheid om nee te se vir dit wat verkeerd is en bemagtig te wees om die regte besluite te maak. Dis die vryheid waartoe die Here ons roep en wat Hy moontlik gemaak het deur sy dood en opstanding. Daarmee saam bemagtig die Heilige Gees ons met sy dinamiese opstandingskrag om nie telkemale terug te val in verkeerde patrone nie.
Kom ons waardeer ons dubbele vryheid en doen moeite om ander op hierdie weg te begelei.
Beste stuurman staan aan wal.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}