Not on my watch
Interessant hoe woord en begrippe skielik in omloop raak, soos die frase “Not on my watch”.
Die bedoeling is sekerlik dat sekere goed nie kan of mag gebeur terwyl die persoon of instansie verantwoordelik en of in beheer is nie.
Dis ʼn goeie begin maar beteken nie noodwendig dat die saak inderdaad aangespreek is nie. Woorde het goedkoop geword en mense se woord is nie meer noodwendig hul eer nie.
Christene kan gerus nadink oor hierdie begrip. Gebeur daar nie net te veel goed wat nie behoort te gebeur terwyl daar gelowiges in die omgewing is nie. Behoort kinders honger te gaan slaap terwyl jy daarvan weet, behoort iemand koud te kry terwyl jy iets daaraan kan doen?
Behoort ongeregtigheid te seëvier terwyl jy jou stem kan laat hoor?
Behoort, behoort, behoort?
Dalk is ons net nie konsekwent genoeg in ons getuienislewering en die konkreet maak daarvan nie. Immers daar gebeur soveel goed waarvan ʼn mens sou kon vra, maar was daar nie Christene naby nie, waar was die kerk en sy lede?
Ek dink aan kinders wat in haglike omstandighede skool bywoon terwyl die heel basiese fasiliteite nie beskikbaar is nie en ek vra (myself) hoe kan dit terwyl ons daarvan weet?
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
Die teenoorgestelde is ontstellend waar, “it happened on my watch!!”