25 April 2017 – It’s time.

It’s time.

Die tema van die byeenkoms by Bloemfontein die naweek  was gepas “It’s time”. 
Die vraag is egter , tyd waarvoor?
Dat Suid-Afrika ‘n interessante plek is om in te woon, is nie altemit nie. Die uitdagings is somtyds oorweldigend en jy hou jou  hart meermale biddend vas vir wat volgende kan en gaan gebeur.
Gebed is die slagaar van ons geestelike lewe.
Christene bid.
Dis veronderstel om so te wees.
Die een veronderstel die ander.
Een van die dae is daar ʼn gebedsinisiatief wat die hele Suid-Afrika oproep tot gebed. (www.sapray.co.za)

Gebed is egter die een kant van die verhoudingskarakter wat ons met God en Hy met ons het. Ek herinner my aan kanselklede ( toe ons nog sulke goed gehad het) met die woorde “so stuur ek julle”daarop. God verwag dat ons ernstig sal oorweeg hoe ons die antwoord op ons gebede mag wees. Inderdaad kan ons niks sonder God doen nie. Maar ons het hande, voete, oë en ore. Ons het harte wat nuut geword het. Ons dra ʼn boodskap van hoop en ons het God in en met ons. 
(Matt 28:19..alle mag is aan My gegee…gaan…en weet Ek is met julle..)
Mag daar aksie kom wat ons gebede daadwerklik vergestalt.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}