24 Mei 2017 – As die lewe by jou verbyflits

As die lewe by jou verbyflits
Rom. 8:31vv God is vir ons, wie kan dan teen ons wees.
My broer Andies en sy vrou Debbie was onderweg van Oliver Tambo lughawe terug huis toe in ʼn gewapende roof betrokke. Hulle is deur minstens drie mans aangehou en van letterlik alles beroof. Dit nadat hulle terugkeer van ʼn Evangelisasie uitreik in Mosambiek waar die Here soos elke keer wat hulle wêreldwyd uitreik, kragtig gewerk het.
Natuurlik vra ʼn mens waar God dan was toe dit gebeur het?
Heimlik wil ʼn mens redeneer dat die Here darem die mense wat vir Hom “werk” behoort op te pas.
Die trauma wat mense wat so iets beleef deurgaan kan nie met woorde beskryf word nie. Dis emosioneel, geestelik en fisies van aard. Wantroue in jou medemens wil sigself aan jou opdring. Twyfel in jou roeping en God se getrouheid kan deel daarvan wees. Vrees kan ʼn mens oorweldig tot so ʼn mate dat jy doodgewoon redeneer dat dit nie die moeite werd is nie.
Bly by die huis waar dit relatief veilig is. Wat help dit tog?
In Ps. 73 worstel die skrywer met God oor die goddeloosheid wat hand oor hand toeneem en hom die slagoffer laat. Hy sê dat hy byna koers verloor totdat hy onthou en in herinnering roep dat daar ʼn dag van afrekening kom. Die “ou mense” het gesê “God slaap nie”. Vreeslik is dit om te val in die hande van ʼn lewende God.
Dis nie dat ʼn mens ander slegte dinge toewens nie maar eerder die wete dat ongeregtigheid nie sal seëvier nie. Daar kom ʼn einde aan die trauma van hierdie lewe so seker as wat Jesus uit die dood opgestaan het. Intussen leef ons almal wat in Hom glo vanuit die sekerheid dat ons name geskrywe is in die boek van die Lewe en van die Lam en dat geen dood, roof, of watter omstandighede ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus ons Here is nie.
Dit wat werklik van waarde is nl. ons geloofsversekerdheid kan selfs nie met pistole in ons gesig van ons gesteel word nie.
Mag die Here die eksponente van onreg en ongeregtigheid tot bekering bring. Mag sy Koninkryk kom in krag en heerlikheid. Mag sy Naam geheilig word. Mag elke knie buig en bely dat Hy die Here is.
Die duiwel is ʼn leuenaar en mense moordenaar.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}

Ons is egter meer as oorwinnaars deur die Een wat die do