24 April 2017 – `n Merkwaardige ervaring

`n Merkwaardige ervaring

Die geleentheid digby Bloemfontein die afgelope naweek was in een woord skouspelagtig sonder om enige iets van die geestelike karakter daarvan te ontneem.
Soos telkemale gemeld was die logistieke deursien van die saamtrek uiters professioneel en berekend. Ons het 1.2 kilometer van die verhoog gesit en dit was nie eers die verste punt nie. Nie minder as 600 luidsprekers het die gehoor bedien. Inderdaad, ʼn pluimpie in die hoed van die mense wat so hard gewerk het.
Twee belangrike opmerkings van Oom Angus se kant af sal my bybly. Die een “but God”. Ja, ons het vele uitdagings in ons land. Somtyds kan ʼn mens oorweldig word daardeur. Hy het die gehoor egter aangemoedig om telkens die woorde “but God” te gebruik wanneer jy ontmoedig en terneergedruk voel met ons “omstandighede”.
Die Here is op die troon en ons hoef nie te vrees nie.
Die ander stelling wat in Afrikaans vriendeliker klink as in Engels soos hy dit gesê het was “ If you do not have something good to say about South Africa, shut-up” Hy kon dalk gesê het “with permission” wat in die pers met respek vertaal word (ek onthou nie mooi nie) .
Dit is ʼn mooi land, dis ons almal se land en ʼn mens gaan dit nie herbou deur alles rondom ons tot rommelstatus te verklaar nie. Daarvoor is hierdie land en sy mense  net te kosbaar vir God.
Mag die Here ons nuut maak en bereid om skouer aan die wiel te sit en te doen wat die Here van ons vra.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Amen.