21 April 2017 – Herlewing hier?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Herlewing hier?

JESAJA 62:1
Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem sal ek nie stilbly nie totdat daar vir hom redding deurgebreek het soos ‘n nuwe dag, soos die lig van ‘n brandende fakkel.
Dit is met groot opgewondenheid dat ons ook netnou in die pad val na die historiese gebedsgeleentheid digby Bloemfontein. Dit is merkwaardig om die minste te se dat mense bereid is om van alle windrigtings afstand te oorbrug om saam te trek. Die logistieke is verbysterend en die offervaardigheid van boere uit daardie gemeenskap en tientalle ander mense is voorbeeldig. Daar is ʼn neerslag van geloofsvertroue in hierdie land wat ʼn mens dankbaar stem.
As ʼn mens verder ingedagte hou hoeveel mense by wyse van sosiale media reageer het, klaarblyklik miljoene, het ek ʼn idee dat ons baie nader aan herlewing is as wat ons stellig dink. Trouens ek wonder of ons nie in ʼn staat van herlewing is nie. Een van die kenmerke van herlewing is dat God se Gees die ongeregtigheid in die samelewing uitdaag deur sy kinders. Die wyse waarop die burgerlike samelewing saamstaan om die duisternis aan te spreek is merkwaardig. Herlewing het ʼn sterk sosiaal maatskaplike en geregtigheidskomponent. Daarom word skole, hospitale, biblioteke gebou en maatskaplike dienste kry aandag.  Iets van Jakobus se geloof en werke dans word  sigbaar.
Mag hierdie saamtrek momentum gee en mag elke pelgrim teruggaan en Suid Afrika help transformeer.

Dis hoogtyd.