20 Maart 2017 – Kritiek op ʼn afstand

Kritiek op ʼn afstand

Spreuke 17:27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand
Spreuke 21:23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.
Die beste stuurman staan aan wal. Ons is bekend met hierdie gesegde. Die mense wat die hardste skreeu doen meestal die minste.
Die manne op die pawiljoene weet ver beter as die ouens op die veld. Die meeste van hulle lekker oorgewig van hul luilekker lewe.
Solank ander aan vervloeë en gefrustreerde drome van Springbok rugby speel kan vleuels gee, al is dit net vir die tagtig minute op die veld, is als reg.
Ons moet versigtig wees dat ons onself nie ongeloofwaardig maak nie. Iemand wat op ʼn afstand kritiseer is ʼn windlawaai. Hy werk ʼn bietjie stoffies op en ander mag vir ʼn wyle beïndruk wees met die man (of vrou) se meerdere kennis en vaardigheid, maar dis alles net voorgee.
Wat probeer ek sê?
So ê bietjie empatie, so ʼn bietjie ek weet nie alles nie en dat daar ʼn reuse verskil is tussen die spel speel en die pawiljoene warm broei.
Mag n mens dan nooit ʼn stuiwer in die armbeurs gooi nie?
Natuurlik nie!
Maar soos die advertensie van die Chomp destyds gelui het as die pa die sjokolade so voor die klein seekoeitjie weggeraap het..GROOTBEK.
So ʼn bietjie nederigheid is gepas.
Lekker kyk!!
Spreuke 25:11 Goue appels op versierde silwerborde, so is ‘n woord op sy tyd gespreek.