Die lewe maak ʼn mens moeg.

My kollega Kenneth het ʼn paar Sondae gelede by ʼn aanddiens met die jongmense gepraat oor die jaar wat nie ver gevorder het nie maar moegheid is oral merkbaar.

Een van die woorde wat deesdae baie gebruik word is volhoubaarheid. Toegepas op die lewe van ʼn gelowige kan ʼn mens vra wat is nodig dat ʼn mens volhoubaar Christen kan wees, elke dag, die oë gevestig op Jesus, sonder om lam arms en bene in die wedloop te ontwikkel.
Lees die bekende teks “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is…in die Boodskap en The Message vertaling aandagtig deur en bedink die woord of frase wat jou aandag trek. Wat probeer die Here vir jou sê? Is dit die rede waarop jy moeg word en wil moed opgee. Praat met Hom daaroor. Sy genade is elke dag nuut en vars.
Matteus 11:28-29 (Die Boodskap
“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe?
Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra?
Het julle godsdiens leeg geword sodat julle geestelike dors nie meer les nie?
Kom dan na My toe!
Ja, kom wy jou lewe aan My toe.
By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.
Matthew 11:29-30The Message (MSG)
“Are you tired? Worn out? Burned out on religion?
Come to me.
Get away with me and you’ll recover your life.
I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it.
Learn the unforced rhythms of grace.
I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you.

Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”