2 Junie 2017 – God roep jou

God roep jou

Wees gehoorsaamJona 1:2Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan. ,

Ek het die voorreg om gisteraand in Vryburg te kon bedien en moes oor Jona praat.
My nadenke oor Jona en die lees van die teks het my onder die indruk gebring van hoe relevant die verhaal vir ons tyd is.
Jona se probleem was doodgewone sondige vooroordeel, agterdog, bitterheid en onvergewensgesindheid. Die Assiriërs het Israel afgeknou en Jona kon dit nie vergeet nie.
Die gedagte dat God genade kon bewys aan mense wat nie soos hy was, sy waardes, oortuiginge, geslagsregister en siening verteenwoordig het nie, het dit vir Jona baie moeilik gemaak om aan God gehoorsaam te wees.
Sy weiering om te doen wat hy opgedra is om te doen het byna die dood van homself, die bemanning op die boot asook die 120000 mense van Nineve gekos.
Ongehoorsaamheid en ʼn gevoel van eksklusivisme beroof mense van die genade wat die Here aan hulle wil bewys.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Mag ons die roeping waarmee God ons vertrou nl. om mense, alle mense, na Jesus te lei nie verontagsaam nie.