19 Mei 2017 – ToekomsVenster

Die nuutste toevoeging tot die Toekomsvenster reeks Stiltetyddagboeke het pas verskyn. Die titel daarvan is Grondvlak Christene met die byskrif …45 dagreise in wat Christenskap in die praktyk beteken.
Die versoeking is groot dat ʼn mens ʼn Sondag geloof beoefen. Selfs met die beste intensies kom praktiese Christenskap net die van die grond af nie.
Een van die redes kan wees dat ʼn mens doodgewoon nie weet wat die Here van jou vra nie. Hoe lyk ʼn lewe deur die geloof, waar vin dons Jesus aan die werk en hoe wil die Heilige Gees ons vir ons taak op aarde bemagtig.
Hierdie negende toevoeging tot Toekomsvenster se stiltetyd reeks gaan baie help. Jaco Strydom en sy span slaag uitnemend daarin om Christen wees elke dag te verken en te ontsluit.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Ek is opgewonde oor die uitstekende handleiding.