1 Kron. 4 : 10
“Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie. God het laat gebeur wat hy gevra het”
1 Kron. 12: 32
“van die Issaskar stam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan”
Jaco Strydom skryf in vandag se Beeld dat die kerk nie die geleenthede wat onseker tye soos die waarin ons leef moet miskyk nie.
Iewers het iemand gesê “the world at its darkest can be the church at its finest hour”.
Daar is bemoedigende tekens dat die kerk inderdaad besig is om die tydsgewrig te onderskei en dienend betrokke te raak.
Ek beleef ʼn wonderlike gesindheidsverandering by baie Christene wat bereid is om in die spore van Jesus ʼn dienskneg gestalte te aanvaar.
Die naweek se gebedsaamtrek in Bloemfontein is een voorbeeld daarvan. Die wyse waarop plase, infrastruktuur en logistieke ondersteuning aangebied en beskikbaar gestel word is aangrypend.
Mag elke pelgrim terugkom met ʼn besliste voorneme om die verskil te wees waarvoor gebid word. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Dis ʼn oorlog teen die bose en die oorwinning is reeds behaal.
p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
Die duiwel se aanmatigende en vernietigende werk word telkemale getroef waar gelowiges diensbaar word terwille veral van hulle wat nie die vermoë het nie.