16 Mei 2017 – Dis ‘n gejaag

Dis ʼn gejaag
PREDIKER 1:14
Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind
Die lewe is haastig, dit wag vir niemand nie. Mens staan op met ʼn agenda van wat dringend gedoen moet word en gaan slaap met die wete dat die helfte nie gedoen is nie. More word die lysie langer.
Om te prioritiseer is moeilik, hoe doen jy dit as alles aanspraak maak op “gee NOU aandag” en “VOORKEUR BEHANDELING GEVRA”.
Dink ons kies vir slawerny sonder dat ons dit besef. Wat het van die vryheid van  keuse geword? Wanneer leer ons weer om nee te sê, nie skuldig te voel as ons nie alles vir almal kan wees nie, besluit wat belangrik is in die lewe en daarmee volstaan? Wanneer sal ons wegdoen met die “ek is wat ek produseer” sindroom, die “hulle hou van my as ek hulle beïndruk met hoeveel ek kan vermag” ingesteldheid en leuen?
Vir hoe lank gaan ons ander se drome leef in plaas van ons eie?
Ons werk ons dood en dan gaan ons dood en dan?
Groete
Jannie Pelser
Rant en Dal Gemeenskapkerk

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}