16 Februarie 2017

Vandag se Beeld berig oor ʼn ontstellende 18763 moorde in Suid Afrika vir die 2015-2016 boekjaar. 

Dit word gerugsteun deur daaglikse berigte in die media van wrede moorde wat regoor Suid Afrika plaasvind.


Dit is asof ons land onder beleg is. Wat staan gelowiges te doen?

Chris Malan in sy stiltetyddagboek oor God se plan vir jou lewe som dit raak op wanneer hy verwys na die reaksie van die jong gemeente in Jerusalem nadat Petrus en Johannes die nag in die tronk moes deurbring vir die weldaad wat hulle aan die lam man by die tempelpoort verrig het. Die geestelikes van hul dag kon net nie vrede maak met die impak wat die Jesus boodskap onder mense gehad het nie en wou die stem met alle geweld uitdoof.
Chris skryf (bladsy 123 God se plan met jou lewe)
Wat was die gemeentetjie se reaksie op dit wat met Petrus en Johannes gebeur het? Het hulle probeer om samesprekinge met die Jode aan te knoop. Nee. Het hulle ʼn straat optog gereël in protes teen godsdiens-diskriminasie? Nee. Die jong groepie gelowiges het op hul knieë gegaan. Nie omdat hulle geen ander opsie gehad het nie maar omdat gebed hul beste opsie was.
Die teks vertel wat gebeur het. Nadat hulle gebid het het die plek waar hulle bymekaar was geskud. Die res is geskiedenis.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Suid Afrika – bid!!