13 Maart 2017 – Kan dit wees

Kan dit wees

Ek (probeer) gereeld bid vir die groot deel van die wêreld waar die Christendom yl gesaai is. In baie van hierdie lande is Islam en Hinduisme die oorwegende godsdienste.

Dit is bykans ondenkbaar dat daar talle lande van die wêreld is waar ʼn klein persentasie (indien hoegenaamd) van die bevolking Christene is.
Ons het gewoond geraak aan godsdiensvryheid, ʼn kerkgebou op elke hoek en die vryheid om die Here te dien.
Dis nie waar van  alle lande nie en daar is plekke waar Christene selfs met hul lewens boet as hulle Jesus bely.
Die inligting (Operation World is so ʼn bron) verwoord telkens ʼn aantal gebedsversoeke wat op daardie land van toepassing is. Dit hou in dat radio stasies se boodskappe (radio seine kan oor grense beweeg) gehoor mag word, dat Christen leiers na vore sal tree, dat die owerheid Christene vir hul oortuigings sal respekteer, dat die deure sal “oopgaan” vir die verkondiging van die Evangelie (Paulus het ook sulke gebedsversoeke bv. EFESIËRS 6:19 “Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak”).
Een van die versoeke wat telkens aangebied word vir gebed is dat die kerk meer geloofwaardig en met liefde sal optree. Kortom beteken dit dat die kerk in die pad staan van die Evangelie verkondiging en die uitbreiding van God se Koninkryk. Kan mos nie wees nie.
Help jou lewe en optrede die koms van God se Koninkryk of loop mense in ongeloof weg nadat hulle met jou en met my kontak gehad het?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 18.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
p.p2 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}