12 Mei 2017 – Sondag, “die dag van die Here”

Sondag, “die dag van die Here”
HEBREËRS 2:12
Hy sê tog: “Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.
Sondag, opstandingsdag, is ʼn dag soos alle ander dae. Een dag is nie meer heilig of belangrik as ʼn ander nie. Ons leef uit die hand van die Here 24/7, sewe dae ʼn week, oomblik vir oomblik. Sy teenwoordigheid word nooit van ons weggeneem nie want Hy is Immanuel, God met ons. Hy was van God verlate sodat ons nooit van Hom verlate sal wees nie.
Tog is Sondag spesiaal. Dis gewoonlik die dag waarop ons tot stilstand kom van al die dolle gejaag. Dis opvangdag, siel, gees en liggaam. Kuier, slaap, lees en lekker eet is deel daarvan, alles in die teenwoordigheid van die Here en Hy gun dit vir ons. Trouens, in sy Goddelike wysheid het Hy dit so bepaal…ses dae sal jy arbei ( ja selfs Saterdag) en die sewende dag sal jy rus.
Deel van hierdie rus is geestelik van aard. Geloofsvertroue laat ʼn mens rus. Verdieping in jou verstaan van God bring vrede, kalmte en perspektief. Die Bybel stel die voorbeeld onomwonde..nuwe Testamentiese gelowiges het op Opstandingsdag, Sondag, bymekaar gekom en mekaar “in die Here” versterk. Hoe beplan jy vir komende Sondag? Die erediens in jou gemeente sal weer fasiliteer word.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}