12 April 2017 – Vanselfsprekend?

Vanselfsprekend?
JOHANNES 7:38
Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”
Soos ʼn vorige keer gemeld kuier ons ʼn dag of drie in die Kaap waar water ʼn groot bekommernis is. As ek terugdink aan my kinderdae en selfs toe ek heelwat jonger was  (sommer nou die dag!) sou ek nooit kon droom dat water ʼn uitdaging sou word nie. Sommige toekomskundiges stel dit selfs dat oorloë geveg sal word oor water en die beskikbaarheid daarvan.
Dat ʼn dag sou aanbreek waar ʼn mens water gebotteld koop omdat die kwaliteit van kraanwater nie altyd na wense is nie, was heeltemal kranksinnig. Daar was  droogtes van tyd ot tyd maar ek onthou hoedat ons in Brandfort “kerk” toe is vir ʼn biddag vir reën. Toe die diens verby was en ons die gebou verlaat het onweerwolke dig saamgepak en soos in Elia se tyd moes ons ons haas om voor die groot reën by die huis te kom.
Dit herinner aan ons eie onlangse ervaring toe die Here binne dae die kwynende Vaalrivier volgemaak het.
Die Kaap onder andere kry steeds baie swaar.
Water vanselfsprekend as ʼn mens die kraan oopdraai het my laat dink aan die gevaar om die Evangelie van genade en ʼn verhouding met die lewende Here as vanselfsprekend te aanvaar.
Ons mag die wonder van ons verlossing in Christus Jesus nooit gewoond raak nie.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}