11 April 2017 – Daar is ʼn ander wêreld!

Daar is ʼn ander wêreld
KOLOSSENSE 3:16
Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing
Ons het die voorreg om vir ʼn paar dae in die pragtige Kaap te kuier. Sondag wat verby is het ons saam met vriende ietsie gaan eet op een van die mooiste wynplase in die omgewing. Die tuine is lowergroen (ten spyte van die versengende droogte in die Kaap), die waterfonteine lieflik. Indrukwekkende geboue, verskeie kuier areas afhangende van wat jou voorkeur is, ʼn mark wat wemel van mense wat hou van drentel van een stalletjie na die volgende, luidrugtige musiek, ens. ʼn Heerlike manier om ʼn Sondag deur te bring.
Eet is ʼn duur storie. Min onder R100 maar die disse word kreatief verpak en aangebied. Lekker man, lekker.
Ek het die middag baie geniet maar tog ʼn intense bewustheid gehad dat dié manier van kuier net vir ʼn klein persentasie van ons bevolking beskore is. Die grootste deel van ons medeburgers sal in hul leeftyd nooit “aansit” vir ʼn ete nie, die binnekant van ʼn teater beleef nie, met vakansie gaan nie, ʼn eie ryding kan bekostig nie, lopende water en elektrisiteit binne in hul huis wat van duursame materiaal gebou is, kan geniet nie. Trouens meeste van die dinge waaraan ons al gewoond geraak het.
Natuurlik is die bedoeling nie dat ʼn mens skuldig voel nie, maar diep en  nederig dankbaar en met ʼn bereidwilligheid om iewers iemand se lewe ʼn bietjie beter te maak.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}