10 April 2017 – MATTEUS 24:14

MATTEUS 24:14
En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”
Die onmiddellikheid van die sosiale media is aangrypend. Terwyl protesteerders Beyers Naude beset neem iemand beeldmateriaal daarvan.
Dit word op facebook vertoon. Jy hoor die mense en sien die vlae. Soentjies, hartjies en “likes” vlieg deur die lug soos mense hul met die gebeure identifiseer.
Wat ʼn wonderlike tyd om in te lewe. Wie weet watter moontlikhede die toekoms inhou? Die goed wat ʼn mens in strokiesprente en toekomsflieks sien is lank nie meer vergesog nie. Iewers werk iemand om dit ʼn realiteit te maak.
Jesus kom weer as die hele wêreld gehoor het. Dit word toenemend moontlik om die Evangelie binne ʼn kort tyd letterlik by almal op aarde uit te bring.
Selfs beduinne se tente het satelliet skottels buite.
Hoe lank nog voor ons die dag van sy verskyning sal beleef?


Is jy gereed?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 18.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}