1 Maart 2017 – ‘n Nuwe gebod gee ek julle

‘n Nuwe gebod gee ek julle

Ek is tans by ʼn retraite wat handel oor geloofsvorming. Ek is dankbaar vir tye van stil word, nadenke, meditasie en wag op die Here. 

In die gejaagde lewe waarvan ons deel is moet ʼn mens vir sulke tye beplan en dit daadwerklik skeduleer.
Dit val my vanoggend op dat by die ingang van my kamer daar ʼn stel “reëls” opgeplak is. Ek is onmiddellik herinner dat dit praktyk is as jy iewers oorbly. Daar is huishoudelike reëls wat nagekom moet word ( meeste daarvan spreek vanself is is doodgewone lewenspraktyk) Die bedoeling van die orde reëls is nie om jou verblyf onaangenaam te maak nie, inteendeel, dit wil verseker dat jy ( en ander gaste wat daar tuis gaan) ʼn heerlike verblyf het wat jou lank sal bybly. 
Na alles, dit staan die eienaar van die gastehuis, hotel of waar ook al jy jouself mag bevind vry om sulke reëls neer te lê. Dit staan jou ook vry om te besluit dat die reëls nie regverdig is nie en óf daaroor te onderhandel of liefs te vertrek. Meeste van ons sal egter meeste van die tyd nie ʼn probleem hê met die reëlings rondom daardie huishouding nie.
God se “huis” staan as Koninkryk bekend. Daar is ook “reëls” wat nagekom moet word om jou en ander se verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Die reëls is nie onregverdig of ongemaklik nie. Somtyds vra dit ʼn bietjie moeite maar omdat ander vir jou belangrik is sukkel jy nie erg daarmee nie. Reëls wat verband hou met onselfsugtige optrede, inagneming van ander, die belange van die huishouding, ens.
Die reëls is meermale eintlik net ʼn uitleef van die nuwe gebod. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, nee eerder, soos Jesus ons liefhet. Opofferend, onselfsugtig, opreg en waarderend.
Kom jy die reëls van die Koninkryk na, elke dag?

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}
span.s2 {font: 14.7px ‘Century Gothic’; font-kerning: none}